MICHAEL LINDT

Michael Lindt

 

Al die pad van George in die Suid-Kaap, het Michael vinnig opgang gemaak landswyd, beide as sanger en liedjieskrywer.  Michael het al vir verskeie kunstenaars liedjies geskryf o.a Kurt Darren, Nicholis Louw, Romanz en vele ander.  Sy liedjie 'Is jy nie meer lief vir my', was vir weke bo-aan trefferlyste regoor die land.

 

Michael is ook betrokke by verskeie organisasies soos Parkdene Primere Skool, Up with Downs en het ook 'n duet saam met Anna Davel opgeneem vir Cancervive, asook die liedjie 'What the world needs' wat die temalied is van die organisasie, Pink Trees for Pauline.

 

Michael se nuwe album 'Nuwe Genade' word binnekort vrygestel. Gaan 'like' gerus Michael se Facebook blad om op hoogte te bly met nuus en inligting oor optredes in jou area.

Albums

LEWE VIR VANDAG - NOU BESKIKBAAR!

NUWE GENADE - BINNEKORT BESKIKBAAR!

ELKE WOLK HET 'N SILWER RAND

WAT 'N LEKKER LEWE

LEWE VIR VANDAG

Michaellindt.co.za © 2018